Thamalakane River Lodge Logo

Thamalakane Rivier Lodge

Luukse en bekostigbare lodge naby Maun, Botswana.
GPS: 19 53 43 45S, 23 33 16.05E

 
Thamlakane River Maun Botswana
Thamalakane Lodge Swimmingpool

Indien jy oppad is na die Okavango Delta, sluit die Thamalakane River Lodge op jou reisplan in. Dit is op die oewer van die Thamalakane-rivier, en is slegs 20 minute vanaf Maun, Botswana, oppad na die Moremi Wildreservaat.

Die etenstye by die Thamalakane River Lodge is uithanggeleenthede wat nie misgeloop moet word nie. Die houtrestaurant met sy grasdak kyk oor die Thamalakane-rivier uit en die prag van die omgewing word slegs deur die heerlike kos oortref.

Behalwe die heerlike geregte wat nou al met die Thamalakane River Lodge geassosieer word, kan gaste ook verwag om seisoensgunstelinge op die spyskaart aan te tref.

Die kroeg is van eksotiese hout gemaak en is in die vorm van ‘n perdeskoen. Die kroeg kyk oor die swembad en Thamalakane-rivier uit. Geniet ‘n skemerkelkie terwyl jy kyk hoe die watervoëls huiswaarts keer en die son oor die rivier ondergaan. Dit is die lewe! Jy sal jou kuiertjie by die Thamalakane River Lodge naby Maun nie gou vergeet nie.

 

Restaurant at Thamalakane River  Lodge Maun
Swimming Pools with drinks at Thamalakane River lodge Maun
Chairs at Swimming Pool at thamalakane River Lodge Maun Botswana
Lounge at Thamlakane River Lodge Maun Botswana
Thamalakane Lodge view from room
Nata is halfpad tussen Maun en Kasane en Nata Lodge op die rand van die Makgadigadi panne, is die beste plek om te oornag. In Chobe Senyati selfsorg kamp bied selfsorg akkommodasieen kampering in die bos by 'n watergat.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Twyfelfontein Country Lodge in Kaokoland is naby die Twyfelfontein rotskuns. Vir besoekers aan Thamalakane mag die Etosha Nasionale park dalk meer intressant wees. Okaukuejo is die bekendste verblyf binne die Etosha Nasionale park en veral gewild vir die watergat wat saans deur diere besoek word.

ZIMBABWE

Thamalakane Rivier lodge beveel lodges en hotelle in Zimbabwe aan soos die gewilde Caribbea Bay Hotel in Kariba, Inn On Rupurara en Troutbeck Inn hotel naby nyanga in die oostelike hooglande